Sondag 22 Maart gesprek
Eerste
brief oor die reëlings in NG Villieria tydens die noodtoestand.
Ons groet jou uit die kerkkantoor. Mag
jy die vrede van ons Here ook in hierdie omstandighede beleef.
Baie dankie dat jy gereageer het op die
WhatsApp groep. Ons wil jou graag ondersteun en aanmoedig om in hierdie
buitengewone omstandighede aan te hou om as gelowige te leef soos ons Here van
ons vra. Hierdie is ’n eerste kommunikasie.
Die volgende reëlings tydens hierdie
nood-situasie:
Daar
sal geen eredienste in die kerk gehou word tot verdere kennisgewing nie. Ons
wil graag as gemeente “saam” op weg bly en daarom wil ons leraars ’n boodskap
vir elke Sondag by jou/julle uitbring. Jy sal kan kies om per video, slegs die klank
en/of skriftelik te kan volg. Dit sal
Sondagoggend 8 uur beskikbaar gemaak word.
Wenke: Probeer om 9 uur daarna te luister of daarna te kyk om die “saam” belewenis te behou. Probeer dit deel, indien moontlik, met jou naby-mense. Of luister daarna in jou motor as jy op pad is.
Indien enige probleme ervaar kontak asb. die kerkkantoor of leraars direk. Ons wil graag help.Besoek asb. gereeld die webblad om na argief-preke te luister asook vir dokumente vanaf die sinode oor hierdie en aktuele ander sake.Dankie dat jy jou beste gaan doen om nie self aangesteek te word nie en ook om nie ander mense onnodig in gevaar te stel nie. Ons het nou nog ’n kans om ’n reuse krisis af te weer daarom werk ons saam.Reik asb. ook uit na mense wat hulp nodig het, veral bejaardes. Dít is wat Jesus, ons Herder, van ons vra.Ons glo almal verstaan dat hierdie ook vir ons gemeente ’n reuse finansiële impak gaan hê. Daarom versoek ons almal om ook hierdie verantwoordelikheid te bly nakom. Julle kan EFT na Absa tjek 50580660 of Zapper gebruik. Maak die beste van hierdie tyd vir jou reis saam met jou mense en saam met jou Herder Jesus ons Here in wie se hand ons veilig en versorg is.Die Gids sal vroeg volgende week ook beskikbaar wees op die web soos gewoonlik
Kom ons bid vir mekaar.
Liefde, die leraars.
Koronavirus: Persverklaring deur NG Kerk se ASM
Pastorale brief aan sinodes/gemeentes/leraars
Laat ons weet of julle as Familie saam die “diens” bygewoon het. Los ‘n boodskap hieronder!