Lewendige uitsending: 25 April 2021
Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Channel om na die uitsending daar te kyk
Teks:
DIE GOEIE HERDER11 “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12 ‘n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ‘n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13 Hy is ‘n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie.14 “Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15 net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16 Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder.17 “Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.”
Ons versoek u om asseblief ook kennis te neem van die inhoud van hierdie video rakende NG Villieria dankoffers
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon deur gebruik te maak van die sosiale media skakels op die bladsy soos byvoorbeeld WhatsApp.
NG Villieria preke is sedert die einde van Maart 2020 al deur duisende mense in Suid-Afrika en van regoor die wereld gekyk. Kom ons versprei die woord – dit is maklik!
EN
Deel met ons u ervaring van die preek of persoonlike antwoorde van die vrae van die reekstema deur ‘n kommentaar hieronder te plaas.The post Preek: 25 April 2021 (Goeie Herder Sondag) first appeared on NG Gemeente Villieria.