Rooksein is besig om die musiekbedryf behoorlik op horings te neem. Na die reuse sukses van Kyk Na My Hart, Damlelielief & Genade Nader stel Rooksein hulle debuut album, Die Onbekende vry. Die album bestaan uit 11 oorspronklike liedjies en daar is een groot verrassing op die album waarna luisteraars beslis kan uitsien en dit is die liedjie Wees Net Beter waarop Hiram Koopman verskyn. Baie mense sal hom ken as een van die beste saksofoon spelers in ons land. Dié liedjie bring ‘n hele ander klank tot die Afrikaanse musiekbedryf, ‘n klank waaroor ons baie opgewonde is. 📻 93.6fm | 💻 helderbergfm.co.za | 📱 Whatsapp 021 100 6936