Die Springbokke het bo verwagting goed gevaar teen Argentinië en op die ou end 'n gemaklike oorwinning behaal. Dit nou ten spyte van die laslappie voorkoms van die span en 'n vyandige skare! 'n Hele paar spelers het hulle hande hoop in die lug opgesteek om die afrigters se aandag te trek, met Canan Moodie aan die voorpunt, wat natuurlik vir 'n paar nuwe kopsere gaan sorg!
Ons bespreek hierdie en die ander internasionale opwarmingswedstryde van die afgelope naweek. In ons volgende video kies ons ons groep agterspelers vir die Wêreldbekergroep, en dan later ons voorspelers ook - kyk uit vir dit!