Owen Farrell het dit alweer reggekry. Die Houdini van rugby het weereens daarin geslaag om weg te kom van 'n blatante oortreding met niks meer as 'n raps oor die kneukels nie. Ons hier by Raakvat Rugby het besluit om ons mening hieroor hard en duidelik te stel, en ons draai nie doekies om nie!
Luister gerus en laat hoor van jou!