In ons naweek voorskou, gesels oor die wedstryd teen die All Blacks, en vra die vraag hoekom ons nou juis 'n opwarmingswedstryd moet speel teen ons aartsvyande twee weke voor die Wêreldbeker. Ons bespreek die belangrikste rolspelers en gee soos gewoonlik ons voorspelling van die telling. Ons kyk ook vlugtig na die ander wedstryde wat die naweek gespeel gaan word.
Onthou ons gaan die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op ons kanaal stroom. Kyk uit vir die skakel!