Die spanning loop hoog voor die naweek se wedstryd tussen die All Blacks en die Springbokke. Tegnies het die Springbokke laas in 2017 in Nieu-Seeland verloor en na laas naweek se oortuigende oorwinnings wat beide die Bokke en die All Blacks behaal het, is altwee spanne vol selfvertroue. Daar kan egter net een wenner wees, en die span wat hier met die louere wegstap gaan 'n sielkundige slag slaan voor die Wêreldbeker, so daar is enorme druk op beide spanne. Suid-Afrika het ook nie 'n erkende stelskopper nie en gaan die skopwerk verdeel tussen 'n paar spelers - nie noodwendig nie beste opsie nie!
Ons gesels oor die twee Rugby Kampioenskap wedstryde die naweek en maak ons gebruiklike voorspellings - luister gerus!