Die naweek is die laaste rondte van die Rugbykampioenskap. Suid-Afrika speel teen Argentinië en het nog 'n (baie) klein kans om die kampioenskap te wen as Australië 'n haas uit die hoed trek en die All Blacks klop - maar nou ja, dis wensdenkery. Ons bespreek dit en kies 'n span wat ons dink Saterdag teen die Pumas gaan kan uitdraf. Ons kyk ook na ander internasionale wedstryde want alles maak nou saak hier in die pylvak na die Wêreldbeker toe!