Argentinië het naelskraaps verloor teen 'n baie goeie Springbokspan laas naweek, en hulle is vasbeslote om hierdie naweek in Buenos Aires die bordjies te verhang! Jacques Nienaber het 'n klomp spelers 'n laaste kans gegee om vir 'n plek in die Wêreldbekergroep te kompeteer, so die span gaan waarskynlik sukkel met kohesie. Gaan die Bokke die Pumas se verwoede aanslag kan afweer?