Sign up to save your podcasts
Or
Dit is nie nodig om die woordeboek te gaan haal om te verduidelik wat ʼn samesweringsteorie is nie. Almal weet wat dit is. Die Engelsman noem dit ʼn “Conspiracy Theory” en die verspreiding van hierdie gerugte kan geslagte lank aanhou. Hoe lank glo Suid-Afrikaners nie al dat die sogenaamde “Krugermiljoene" iewers in die Laeveld begrawe lê nie? Is dit dan nie ʼn samesweringsteorie wat uit die Anglo-Boereoorlog dateer nie?
Samesweringsteorieë oor sogenaamde geheime organisasies wat ons lewe en inkomstes beïnvloed, is die tema van menigte webtuistes en publikasies. Veral in die oorgangstydperk (1989-1994) was die teorie dat die “Geldmag” of die “Illumanati” Suid-Afrika in hul visier het, 'n bron van paniek. Tel maar net die aantal publikasies wat in daardie vier jaar oor die onderwerp geskryf is en 'n mens sal verstom staan.
Samesweringsteorieë wat wel die koppe laat krap, is dié wat met sluipmoorde verband hou. Het mense soos John Wilkes Booth en Lee Harvey Oswald alleen gewerk toe hulle Lincoln en Kennedy respektiewelik doodgeskiet het? Wat is die feite oor dr HF Verwoerd se sluipmoord op 6 September 1966?
'n Mens moet maar versigtig wees vir samesweringsteorieë - of so redeneer ons gesprekgenoot Johan Wolfaardt in hierdie episode van Rede uit die Verlede.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings