100.5fm Nuus Klankgreep

SANParke bepleit kalmte na olifant toeris vertrap


Listen Later

SANParke vra die publiek om op te hou spekuleer oor die omstandighede rondom die dood Saterdag van ‘n besoeker aan die Krugerwildtuin. Die 59-jarige Shaik Adam Shabir Ammed is deur ‘n olifant vertrap toe hy saam met sy kleinkinders by Malelane-hek foto’s geneem het. Volgens Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, dui ooggetuienis daarop dat twee van Ammed se kleinkinders die bosse ingehardloop het, die olifant hulle bestorm het, en dat hul oupa hulle probeer beskerm het. Phaahla sê die spesifieke dier kon in die gevolglike harwar nie geïdentifiseer word nie. Die polisie is besig met ‘n nadoodse ondersoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

100.5fm Nuus KlankgreepBy 100.5FM Radio Laeveld