Sign up to save your podcasts
Or

Send us Fan Mail
Daniël 3:17-18 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”
In tye van uiterse teëspoed moet ons elkeen besluit: Sal ek aanhou om op God te vertrou ... of moet ek maar opgee? En, laat ons dit duidelik stel, dis een van die moeilikste besluite wat jy ooit sal moet neem.
Die skrywer, ‘n opregte gelowige, John White, vertel hoe hy, sy vrou en baba seuntjie, van die VSA na Bolivia moes vlieg. Hy moes, as gevolg van ander verpligtinge, ‘n later vlug haal. Hy het 'n nare voorgevoel gehad dat sy gesin tydens die vlug as gevolg van ‘n vliegtuigongeluk gaan sterf; maar hy het dit nie met sy vrou bespreek nie.
Nadat sy gesin opgestyg het, het hy gevoelens van vrees, skaamte, skuld en naarheid ervaar. Bewend het hy gebid. En God het hom geantwoord deur te vra: Wat is fout? Kan jy my nie vertrou nie?
Ja, ek sal U vertrou as U hulle veilig aan my teruggee.
En as ek hulle nie teruggee nie, sal jy ophou om my te vertrou? Kan jy hulle nie aan my toevertrou in die dood sowel as die lewe nie?
In geloof het White geantwoord: Ek sal u wil doen; wat dit vir my, of vir hulle, ook al mag kos. Ek sal U vertrou.
Hulle vliegtuig het inderdaad neergestort en almal aan boord is dood. Maar sy vrou het ook 'n ongerustheid in haar hart gehad en besluit om haar vlug te onderbreek. Sy was nie op die laaste been van die vlug aan boord toe die tragedie plaasgevind het nie. Na die tyd het John gesê: Ek sou getreur het indien hulle dood was. Maar ek sou nie spyt gewees het oor my besluit om ten volle op Christus te vertrou nie.
Kyk wat Sadrag, Mesag en Abednego vir koning Nebukadnesar gesê het:
Daniël 3:17-18 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.
My vriend, vertrou op God .. in jou donkerste uur; selfs al hang die uitkoms in die weegskaal; selfs al gebeur die ergste. Vertrou op God.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetSend us Fan Mail

943 Listeners