Sokker Sondae Podcast

Sokker Sondae Podcast

By sokkersondaeSportsSoccer
Download on the App Store

Sokker Sondae Podcast episodes

  • Sokker Sondae - Episode 115 - Swanesang
    In ons laaste episode van SokkerSondae bespreek ons die volgende:
    - Ons gunsteling “streets will never forget” spelers- Die 23/24 Premier League seisoen- Wat voorlê vir ons klubs- Ons gunsteling SokkerSondae oomblikke- Fantasy Premier League
    Kom luister saam, vir die laaste keer!
    1 hr 47 min
  • SokkerSondae - Episode 113 - Simon Hooper se Blooper
    In hierdie episode bespreek Falck, JP en Conna die kontroversiele besluit van Simon Hooper om advantage kort te knip nadat Jack Grealish deur Haaland deurgesit is in die doodsnikke van hulle 3-3 gelykop uitslag teen Spurs by die Etihad.
    Het ons ‘n three way battle vir die Premier League title tussen Liverpool, Arsenal en Man City of is dit nog heeltemal te vroeg om te se?
    In ons Fantasy-segment bespreek ons onder andere Newcastle se great assets, n paar Goalkeeper differentials en ons cappies vir die naweek.
    Kom luister saam!
    54 min
  • Sokker Sondae – Episode 111 - Die Beste Striking Duo van Alle Tye
    In hierdie episode gesels Falck, Conna, Barns en Brennas oor die beste striking partnerships van die Premier League era – van Ronaldo en Rooney tot Kane en Son.
    Die kontroversie rondom die gebeure in die Newcastle Arsenal en Spurs Chelsea kragmetings het al die headlines in die media gekry en ons bespreek ook die insidente wat in hierdie wedstryde uitgestaan het.
    Na ‘n Fantasy GW11 van hel sit die ouens kop by mekaar om te besluit of ‘n knee jerk reaction nou geregverdig is en of ons liewer moet kalm bly en die prosesse vertrou. Nadat beide Salah en Haaland in GW11 geblank het is captaincy weereens nie ‘n eenvoudige besluit nie.
     
    Kom luister saam!
    1 hr 5 min
  • Sokker Sondae - Episode 110 - Salah of Haaland?
    In hierdie episode van SokkerSondae verwelkom ons ‘n nuwe gas, Alfonso Meyer (United ondersteuner).
    Ons skud bietjie die roes van die afgelope paar weke af en bespreek GW10 se resultate, United se tragiese vorm en die kompeterende aard van die liga sover die seisoen.
    GW11 beloof om ‘n uitdagende een te wees vir FPL breiers. Met Newcastle wat teen Arsenal kragte meet en Haaland en Salah wat beide goedgunstige bepalings het lê daar moeilike besluite voor.
    Kom luister saam!
    54 min
  • Sokker Sondae - Episode 109 - Die einde van Eden Hazard, Manchester United se probleme en Arsenal se sege oor Man City
    In die week se episode bespreek, Barns, Connas, Brennas en Jean die einde van Eden Hazard se loopbaan. Is hy n Premier League legende of nie?Ons raak aan die naweek se resultate, en staan stil by wat aan en verkeerd gaan by Manchester United.Conna en Jean jeubel oor Arsenal se wen teen Man City en kan dit die begin wees waar Arsenal ernstig begin kompetiteer vir die Premier League.Ons sluit af deur om te bespreek of daar te veel sokker tans gespeel word en wat gebeur moet word om die spelers te beskerm.Dit en nog baie meer, kom luister saam!
    59 min
  • Sokker Sondae - Episode 108 - VAR op sy slegste
    Hierdie week praat Conna en Andre Lerm (aka die Jbay Geordie) oor die absolute fiasco wat die naweek afgespeel het by die Tottenham Hotspur stadion. Ons raak ook aan 'n ongelooflike aand in Newcastle waar die Geordies hulle eerste tuis wedstryd in 20 jaar in die Champions League gespeel het met 'n groot sege oor PSG. Ons raak ook aan die nuutste FPL kopkrappers. 
    Kom luister saam!
    44 min
  • Sokker Sondae - Episode 107 - Branislav Ivanovic of Kyle Walker?
    In hierdie episode debateer ons wie die beter PL right-back tussen Branislav Ivanovic en Kyle Walker is. Met JP wie 'n Man City fan is en Klamps wie vir Chelsea ondersteun word daar baie goeie argumente vir beide spelers gemaak. Stem gerus op ons poll vir die speler wie jy dink 'n beter PL right-back is.
    Ons gesels ook oor FPL en kyk of daar enige spelers van Luton of Burnley is wie die moeite werd is om in te bring vir die eerste double GW van die seisoen.
    Kom luister saam!
    53 min
  • Sokker Sondae - Episode 106 - Die NLD XI-tal
    In hierdie episode verwelkom ons vir MJ Louw (Liverpool ondersteuner) op die show. MJ vertel ons van sy liefde vir die Premier League, FPL en sy blog genaamd Box2Box (gee hom gerus 'n follow op Instagram).
     
    In opbou na die opkomende NLD kies ons 'n gekombineerde XI-tal uit Spurs en Arsenal spelers en gee ons ook ons voorspellings van wat op die dag gaan gebeur.
     
    Ons bespreek United se nederlaag teen Brighton, Man City se comeback teen West Ham en ook die invloed van europese sokker op ons besluite as FPL managers.
     
    Kom luister saam!
    1 hr 1 min

About Sokker Sondae Podcast

From the publisher's feed

#1 Afrikaanse Podcast oor die Premier League, Fantasy Premier League en algemene sokker nuus. [IG & Twitter: @SokkerSondae]