Eensgesind Klanklêers

Toe Botha, Smuts en Hertzog verkiesings gewen het


Listen Later

Verkiesings


In hierdie episode word kortliks vertel hoe Transvaal en die Oranjerivier Kolonie se verkiesings verloop het vir generaal Louis Botha en Abraham Fischer om die eerste ministers van daardie kolonies te word. Hulle sou nie lank in daardie ampte hul onderskeie kolonies dien nie. Kort daarna sou generaal Botha verkies word om van Beitbrug tot by Algoabaai te regeer.Maar hoekom Botha en hoe is hy verkies? Dit sal nie die enigste vraag wees nie. Die verkiesings van sy opvolger, generaal Jan Smuts, word ook onder die vergrootglas geplaas. 'n Mens moet ook nie vergeet van die rol wat generaal JBM Hertzog gespeel het nie. Hy is in 1924 verkies om die eerste Nasionale Party-regering te lei en sy kabinet met Nasionale Party- en Arbeidersparty-lede te vul. Alhoewel die 1920's vir Hertzog ʼn roemryke dekade was, was dit nie die geval met die 1930's nie.Luister gerus saam om meer oor die Suid-Afrikaanse verkiesings van die vroeë 20ste eeu uit te vind.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Eensgesind KlanklêersBy Eensgesind Klanklêers

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

2 ratings