Sign up to save your podcasts
Or
Die uitsaaiwese in Suid-Afrika het in die 20ste eeu beslag gekry. Veranderinge in die uitsaaiwese het maar stadig in Suid-Afrika plaasgevind. Waar die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in 1936 met net twee radiostasies begin het, was die SAUK nie eerste in die ry met die verkryging van ʼn televisiediens nie. Om die waarheid te sê, Suid-Afrika was een van die agterosse. In ons teenswoordige tyd is die publiek besig om hul eie inhoud te skep. Wat beteken dit vir die toekoms van die SAUK?
In hierdie Eensgesind-klanklêerepisode word kortliks gekyk na die ontwikkeling van die uitsaaiwese in Suid-Afrika gedurende die 20ste eeu. Hierdie episode sal nuttig wees vir enige student wat kommunikasie of joernalistiek studeer. Die oogpunt is om die basiese narratief, aldus storie, van Suid-Afrika se radio- en televisie- geskiedenis te vertel; insluitend spesifieke teorieë te bespreek oor waarom televisie-uitsendings eers in 1975 in Suid-Afrika begin het.
Noudat die publiek deur middel van nuwe tegnologiese uitvindsels hul eie klank- en visuele inhoud kan vervaardig en versprei, kan 'n mens maar net wonder of staatsinstellings soos die SAUK se dae getel is? Die feit dat inligting deur die druk van ʼn knoppie verkry kan word op databasisse of van VPN-dienste, laat 'n mens ook wonder of private televisiekanale se tyd ook verby is?
Vanuit ʼn positiewe oogpunt kan 'n mens dalk argumenteer dat mense wat voorheen nie ʼn bestaan in die uitsaaiwese kon maak nie, nou die kans het om hulle eie kanaal of stasie oop te maak vir spesifieke groepe luisteraars en intekenaars.
Luister saam na Eensgesind se selfvervaardigde klanklêerepisode oor die ontwikkeling van ons land se uitsaaiwese.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings