Afrikaanse Program: Luister na 'n onderhoud wat Freek gevoer het met Hein Adams so paar jaar gelede. As weggooi kind het Hein opgeёindig by ‘n moslem familie. Op die ouderdom van 8 jaar was dit Hein se wens om opgelei te word in die Koran. Sy naam is verander na Hashim - “Oorlogsvegter van geregtigheid”. Hy word gestuur vir opleiding na Saudie Arabia en word opgelei in die Koran en wapenkuns. Hein deel sy reis uit Islam na die Lam van God.