God se Woord VARS vir jou Vandag

Vra vir God Vrae


Listen Later

Send us Fan Mail

Spreuke 2:3-6 indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB) 

Wanneer ons by die punt kom waar ons glo dat ons alles weet, is daar een ding seker: ons is regtig te onnosel om te weet wat ons nie weet nie! Ons is so verblind deur ons eie opgeblase sin van ons eie slimmigheid, dat ons blind is vir die feit dat ons minder as niks weet nie. En kom ons wees eerlik, ons is almal al deur so ‘n vernederende proses.

Die meeste van ons het daardie een ding waarin ons regtig uitblink; daardie een ding waarin ons beter is as die meeste mense rondom ons. Miskien is jy een van daardie mense wat, anders as ek, intuïtief aanvoel hoe ander voel? Dit is dus maklik vir jou om minagtend na iemand anders te kyk wat nie dieselfde talent as jy het nie en te dink: Wat is fout met hom? Ek is soveel beter as hy!

Ek kan so vinnig soos die wind skryf. Ek kan komplekse idees bymekaarbring en dit op 'n eenvoudige maar boeiende manier verduidelik. Hoe maklik is dit dan nie vir my, om met my neus in die lug na ander te kyk wat sukkel om vlot te skryf?

Wanneer ons so optree, vertroebel ons trots ons oordeel en ons weet mos hoogmoed kom tot ‘n val. So, hier is God se alternatief:

Spreuke 2:3-6 ...indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos ’n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB)

Slim mense gee slim antwoorde, maar wyse mense vra slim vrae. Hulle is nederig, hulle is leerbaar, en dit is presies wat God van ons verwag. Vra Hom om vir jou kennis en wysheid te gee.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou VandagBy Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet


More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

View all
Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

943 Listeners