Op die 30ste Junie, het ons gesien hoe weke se opgeboude sosiale spanning ’n kookpunt bereik het met nasionale optogte teen ongedokumenteerde immigrante. Terwyl die politieke en sekuriteitsanaliseerders die gebeure vanuit ’n wetlike en ekonomiese lens ontleed, worstel ons met n ander realiteit. Volgens sensusdata identifiseer die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulself as Christene. Ons is ’n samelewing wat grootgeword het met die Bybel op die bedkassie. Jannie Pelser en gaste, Dr Braam Hanekom en Dr Andre van Niekerk het hierdie tema bespreek www.radiokansel.co.za