Sign up to save your podcasts
Or
Dit is die middel 1930's. Soos die res van die wêreld, gaan Suid-Afrika gebuk onder ʼn genadelose depressie. Suid-Afrika het dit natuurlik moeiliker gehad as gevolg van generaal Hertzog se hardkoppigheid met die Goudstandaard. ʼn Nuwe generasie jong Afrikaners wie se ouers of grootouers deel van die Anglo-Boereoorlog was, het begin wonder waarom hulle steeds moes verskoning vra vir hul taal en kultuur en waarom hulle die uitgediende idee van die “Empire” moes navolg. Gefrustreerd, maar met toekomsideale, word die Ossewa-Brandwag (OB) in 1939 gestig. Dit was veronderstel om ʼn kultuurorganisasie vir die Afrikaner te wees, maar het met die politieke kwessies van die dag verstrengel geraak.
Een van die hoof politieke kwessies in 1939 was die versterking van Herr Hitler se nasionaal-sosialistiese regime in Duitsland.
Na ʼn besoek aan Duitsland en ʼn kort handdruk van Hitler het die leier van die Ossewa-Brandwag, dr. J.F. (Hans) Janse van Rensburg, besluit dat nasionaal-sosialisme ook die weg tot die heropkoms van 'n Suid-Afrikaanse Republiek moes wees. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 is die OB toe as ʼn gevaarlike organisasie bestempel, omdat dit ʼn simpatiseerder, indien nie ʼn ondersteuner nie, van die Nazi-regering was. Terwyl Suid-Afrikaners in Oos- en Noord-Afrika geveg het, was die OB besig, soms met ander nasionaal-sosialistiese bewegings, om die Smutsregering slapelose nagte te besorg. Manne soos advokaat B.J. Vorster en Lang Hendrik van den Bergh is geïnterneer as gevolg van hul lidmaatskap van die OB (en natuurlik wat die OB alles gedoen het sedert die begin van die oorlog).
En in Centurion lê 'n paar van die oud-OB-stryders begrawe. Die voormalige leier van die OB lê begrawe in ʼn besonderse en unieke “ronde” graf in die OB-begraafplaas. Tussen al sy oudstryders, met H.S. van Blerk, die laaste een wat hier te ruste gelê is, kan 'n mens dr Van Rensburg aan die hoof sien staan in die “helde-akker” van ʼn organisasies wat sy einde gevind het in die 1950's.
Sonder die bedagsame en bekwame hulp van die Erfenisstigting sou hierdie unieke historiese terrein al lankal tot niet gegaan het as dit vergelyk word met ander begraafplase onder die Tshwane-munisipaliteit se beheer.
In hierdie episode van Padlangs gesels ons met Johan Wolfaardt oor die OB, waarna Eensgesind vertel hoe die OB-begraafplaas in Centurion daar uitsien.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings