Sign up to save your podcasts
Or
Suid-Afrika is ʼn land wat swaar onder misdaad gebuk gaan. Dit is nie ʼn onlangse verskynsel nie. Suid-Afrika het ʼn misdaadgeskiedenis wat selfs eeue terug in die verlede strek. Met hierdie nuwe reeks, Dossier, wil Eensgesind die stories agter bekende, en dalk nie so bekend nie, sake vertel. Ons eerste episode handel oor die Jacoba “Bubbles” Schroeder-saak.
In 1949 was Bubbles Schroeder ʼn jong meisie in Johannesburg wat haar jongmenslewe geniet het. Sy het niemand enige kwaad aangedoen nie. Sy was altyd lus vir ʼn partytjie en was baie gesteld op haar voorkoms. Sy was aantreklik en het die belangstelling van die kêrels (oud en jonk) geniet.
Nadat haar verhouding met Phillip Stein, ʼn 54-jarige besigheidsman, op die rotse geloop het, het sy meer tyd met Morris Bilchik begin spandeer, wat haar ouderdomsgenoot was. Dit sou egter David Polliack en Hyman Liebman, Bilchik se maats, wees wat haar ondergang sou bewerkstellig. Hoe? Luister saam na hierdie eerste episode van Dossier.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings