Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Galasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.
Sê my, wat maak jou anders as enigiemand anders wat jy ken? Is dit 'n spesifieke talent of vermoë wat jy het; jou motivering, of dalk jou geloof? Sê my: Hoe voel jy daaroor? Is jy gelukkig daaroor of nie?
Om anders te wees, is ietwat van 'n tweesnydende swaard. Aan die een kant is daar dalk 'n spesifieke vermoë wat jy het, waarop jy trots is. Wonderlik. Maar aan die ander kant hou ons nie daarvan om te veel uit te staan nie. Dis goed en wel om anders te wees, maar ons wil tog nie hê dat mense in ons geselskap ongemaklik moet voel nie.
Dit is tragies, maar daar is baie mense, wat omdat hulle anders is, nie eens in hul eie velle gemaklik voel nie.
Een van die wonderlike dinge wat jou baie anders kan maak as diegene rondom jou, is 'n opregte, hartlike geloof in Jesus. Hy was anders ... en mense was so geïntimideerd daardeur en so jaloers daarop, dat hulle Hom aan 'n kruis vasgespyker het.
Die apostel Paulus, was aanvanklik ‘n Fariseër, vasgevang in 'n taamlik ekstreme vorm van Judaïsme. Met sy geleerdheid en afkoms het hy groot aansien onder die geestelike elite van sy dag geniet. Toe hy egter vir Jesus Christus as sy Verlosser aangeneem het, was hy deur sy eie mense verwerp, en selfs geslaan. Maar kyk wat skryf hy in:

Charles Spurgeon het dit so gestel: Daar is verdraagsaamheid vir elkeen wat by die hedendaagse mode inpas; maar geen verdraagsaamheid vir enigiemand wat glo dat die wette van die hemel die lewe op aarde moet bepaal nie.
Mense sal jou verwerp omdat jy Jesus volg. Maar wees dapper - wees anders. Volg Hom in elk geval.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetSend us a text

865 Listeners