Radio Pulpit

Woord vir Vandag - 14 Des 2025


Listen Later

“As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.” Johannes 13:35 NLV

Die grootste toets van jou dissipelskap

Ontwerpersklere soos dié van Tommy Hilfiger en Ralph Lauren word aan hul ontwerpe en handelsmerke geken. Hierdie handelsmerke maak hulle sigbaar en identifiseerbaar. Soms word werkers in sekere industrieë deur hul kleredrag geïdentifiseer, soos ‘n chirurg wat teaterklere dra, of ‘n polisieman wat ‘n uniform dra, of ‘n regter wat ‘n toga dra. Jesus het vir ons iets as onweerlegbare bewys dat ons naby aan God leef, gegee – ‘n toets waardeur jy jou eie geestelike groei kan evalueer. Trouens, hierdie handelsmerk is so wonderlik dat Hy gesê het dat dit die belangrikste verklaring van jou geloof sal wees. Jesus het dit as volg gestel: ‘Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (verse 34-35 NLV). Wanneer ‘n vrou swanger is, kom daar ‘n tyd wat haar swangerskap begin wys. Die lewe wat binne haar groei word aan die buitekant gesien. Net so moet die liefde binne-in ons aan die buitekant gesien en geïdentifiseer word. Die Bybel sê: ‘…Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het’ (Romeine 5:5 NLV). Johannes skryf: ‘Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê’ (1 Johannes 4:11 NLV). Liefde is die grootste toets van jou dissipelskap.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Radio PulpitBy Radio Pulpit