Radio Pulpit

Woord vir Vandag - 6 Aug 2025


Listen Later

“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV

Wysheid vir ouers van tieners

Waarom verander ‘n gelukkige twaalfjarige wat maklik saamwerk skielik in ‘n nukkerige, depressiewe dertienjarige? Daar is twee sterk kragte wat vir sommige van die tienergedrag wat jou as ouer mal maak, verantwoordelik is. Die eerste word aan sosiale druk, wat algemeen op daardie ouderdom voorkom, gekoppel. Daar is egter ‘n tweede bron van ontwrigting. Dit hou verband met hormonale veranderinge wat nie net die fisiese liggaam transformeer nie, maar ook ‘n omwenteling in hoe kinders dink, veroorsaak. Sommige (nie alle) tieners ontwikkel ‘n chemiese wanbalans wat vir ‘n paar jaar ‘n toestand van wanbalans, opwinding, uitbarstings en selfs depressie veroorsaak. Hierdie omwenteling kan ‘n seun of meisie motiveer om dinge te doen wat absoluut geen sin vir die volwassenes wat angstig op die kantlyn toekyk, maak nie. Hierdie hormonale vuurstorm kan hul selfkonsep destabiliseer. Ouers ervaar dikwels wanhoop tydens hierdie irrasionele tydperk. Dit lyk asof alles wat hulle vir hul kinders probeer leer het, verdwyn het. Selfdissipline, netheid, respek vir gesag en algemene hoflikheid kan plek vir risiko’s en lighartigheid maak. As jou kind vandag hom- of haarself daar bevind, is daar goeie nuus - beter dae is op pad! Jou onvoorspelbare tiener kan ‘n toring van krag en goeie oordeel word - mits hulle nie iets vernietigends doen voordat hul hormone weer tot bedaring kom nie. Wat staan jou as ouer te doen? Eerstens, moenie langtermyn gevolgtrekkings op grond van ‘n korttermyn seisoen maak nie. Tweedens, laat hulle weet dat jy vir hulle lief is, wees geduldig en bid vir gemoedsrus. ‘…Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas’ (Filippense 4:7 NLV).
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Radio PulpitBy Radio Pulpit