Vreemde jellieagtige organismes langs die kus van Suidelike Kalifornië, al die pad tot by die golf van Alaska, laat navorsers behoorlik kopkrap. Vissermanne is intussen gefrustreerd, want die silinderagtige wesens is só volop dat hulle nie kan visvang nie. Marlinee Fouche praat met 'n dierekundige aan die Noordwes Universiteit oor presies wat die goed nou eintlik is. Jy sal jou ore nie glo nie.