3 Oktober 2026: Kritici van die regering sê honderde duisende werksgeleenthede kan in die slag bly weens Suid-Afrika se weglating uit AGOA. Ons hoor by die OVK hoe die spesiale stemproses verloop. Sal die SAKP daarin slaag om kiesersteun van die ANC af te rokkel?
2 November 2026: Die polisie word geloof vir die vastrek van verdagtes betrokke by die aanval op die boer, Donovan Marx. Spesiale stemme word landwyd uitgebring. Die polisie sê geweld sal nie tydens die verkiesing geduld word nie.
30 Oktober 2026: Ons praat met die OVK oor hulle gereedheid vir volgende week se plaaslike regeringsverkiesing. March and March, die MK Party en die ATM skop vas teen 'n permanente interdik teen protesoptrede. Parlementslede kritiseer die regering oor die laat kennisgewing van die ontplooiing van meer as 500 soldate na KwaZulu-Natal.
29 Oktober 2026: Reaksie op 'n wrede plaasaanval in Noordwes. Drie Wes-Kaapse onderwysers getug oor hulle gedrag op sosiale media. Benjamin Netanyahu loop effens voor in Israel se verkiesing.
28 Oktober 2026: Watervoorsiening in Johannesburg geraak deur munisipale werkers se staking. Die polisie ontvang meer as 172 000 voltooide aansoeke vir 5 500 rekruutposte. 'n Gemeenskapsparty, Langeberg First, wil aanspreeklikheid in plaaslike regering bevorder.
27 Oktober 2026: Die aantal mense wat siek geword het weens die besoedelde water in Bronkhorstspruit styg tot 833, waaronder 328 kinders. Nog 15 maatskappye word van die regering se lys van goedgekeurde kontrakteurs verwyder. AgriSA verwelkom die regering se tydelike brandstofverligting van R10 miljard.
26 Oktober 2026: Eugene de Kock, een van baie min mense wat ooit aan apartheidsmisdade skuldig bevind is, getuig voor die WVK-ondersoek. Bronkhorstspruit se water word 'n politieke voetbal in Tshwane op die vooraand van die munisipale verkiesing. Waterprobleme eis sy tol van die ekonomie.
23 Oktober 2026: Die MK-party skop sy sekretaris-generaal uit. Die Openbare Beskermer las 'n ondersoek na die Bronkhorstspruit-waterkrisis. Die polisie in Durban verskerp sy sigbaarheid nadat 'n groep mense 'n buitelandse burger doodslaan.
22 Oktober 2026: Ongeloof dat die nasionale onderwysdepartement R630 miljoen onderspandeer het. Ons praat met 'n ekonoom oor hoe November se brandstofpryse behoort te lyk ná gister se verligting. Die Suid-Afrikaanse regering maak groot vordering in die hantering van sy skuldlas.
21 Oktober 2026: Oortree die PA se Gayton McKenzie die verkiesingsgedragskode? Motoriste hoop dat vanmiddag se minibegroting verligting by die brandstofpomp sal gee. Haai-aanvalle in die kollig ná gister se noodlottige voorval.
51 min
About Spektrum
From the publisher's feed
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.