Suzaan Steyn se gaste praat oor hoe om aanlyn in aandele te belê. 'n Finansiële adviseur verduidelik wat om in gedagte te hou wanneer jy iemand kies vir jóú beleggingsadvies, en 'n kenner kyk na hoe noodsaaklik dit is om die regte testament te hê wanneer jy kinders het.