Die ontvoering van en moontlike moord op Ian Jordaan, Lolly Jackson se voormalige regsverteenwoordiger, het die polisie se forensiese kenners steeds aan die kop krap. 'n Verkoolde lyk en 'n bakkie is verlede week naby Hekpoort, wes van Johannesburg gevind en daar word beweer dat die oorskot die van die 55-jarige Jordaan is. 'n Polisiewoordvoerder, kaptein Pinkie Tsinyane sê die polisie is steeds besig om die oorskot te ontleed op soek na DNS wat lig op die saak sal werp. Maar hoekom neem die toetsing so lank? Anita Visser praat hieroor met 'n forensiese ontleder in privaatpraktyk, Tanya Mottalini.