Mans is ook soms slagoffers van mishandeling deur hulle lewensmaats, ten spyte daarvan dat die regering se 16 Dae Veldtog Teen Geweld spesifiek op vroue en kinders gemik is. Elma Bartlet is 'n huwelik- en gesinsterapeut wat 'n privaatpraktyk in die Johannesburgse voorstad, Parkview, bedryf. Sy het aan Anita Visser gesê sy het oor die jare heen al verskeie mans met berading gehelp. Sy sê boonop dat die publiek grootliks onbewus is van die feit dat mans ook deurloop onder huishoudelike geweld.