Om geld in jou beursie te sit, is soos om fiks en gesond te word – daar is nie ʼn kitsplan nie, maar dit verg ʼn leefstylverandering na die korrekte finansiële leefwyse wat jou in staat sal stel om jou doel te bereik. Helen Ueckerman gesels met die ekonoom Dawie Roodt, direkteur van die Efficient-groep. Hoe kan ʼn lewenslange geldplan verseker dat jy jou drome sal bewaarheid en jou finansiële doelwitte sal bereik?