Ons word elke dag gekonfronteer deur geweld en misdaad in die land, maar hoe affekteer dit jou? Is jy enigsins bewus daarvan dat dit daaglikse angs of selfs depressie kan veroorsaak? En wanneer 'n geliefde regstreeks geraak word deur misdaad of geweld, hoe kan jy die persoon ondersteun? Sekondêre post-traumatiese stres word al hoe meer 'n realiteit, en kan nie meer geignoreer word nie.