Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 10 September in 2003 verklaar as 'n internasionale dag vir die bewusmaking oor selfdood. Baie kenners is dit eens dat mense nie in die oomblik leef nie, maar hulle eerder bekommer oor die toekoms, of peins oor die verlede. Dit kan dan ook tot depressie lei. Prof. Werner Nell is verbonde aan die Skool vir Gedragswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus. Hy het aan Mètzi van der Merwe gesê daar is bepaalde tegnieke wat mense kan aanleer om in die oomblik te leef.