Kan 'n mens seewater gebruik om 'n komposhoop klam te hou? Watter nut het muskiete, behalwe om mense lastig te val en siektes oor te dra? Behoort die bymot tot die by-familie? En waar kom die katoenvlekbesie aan sy naam? Watter voordeel hou die teel van kleurvariante vir wildbewaring in? Piet Eloff, Bennie Schloms en Henk Geertsema beantwoord al díe vrae.