Dis finansiëlebeplanningsweek en Suzaan Steyn se gaste kyk na die redes waarom so 'n groot persentasie van welvarende families hulle rykdom in die tweede en derde geslag verloor, en hoe om dit te voorkom. Hulle bespreek ook navorsingresultate oor die welstand van vroue se finansies en hoe dit verbeter kan word. 'n Kundige verduidelik wat die doel van 'n trust is en wanneer dit regtig nodig is om een te skep.