Die #ZumaMustFall-veldtog is soos 'n sneeubal wat al hoe groter word. Dit het begin tydens die studenteprotes met die #FeesMustFall-veldtog. Nou dui al hoe meer Suid-Afrikaners aan dat hulle belangstel in 'n optog op 16 Desember. Zuma se kop word geëis, veral noudat hy in 'n moeilike ekonomiese klimaat sy minister van finansies die trekpas gegee het. Prof. Fanie Cloete is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Johannesburg as 'n politieke en bestuursontleder en Hanri Wondergem praat met hom hieroor.