Maandelikse premies op korttermynversekering is dikwels een van die eerste uitgawes waarop mense besnoei wanneer die ekonomie noustrop trek. 'n Kenner verduidelik Sondagmiddag in Rand en Sent hoe jy kan bespaar op jou versekeringspremie. Daar word ook gekyk na die eienskappe van 'n goeie werkgewer en hoe jy jou werknemers gelukkig en gemotiveerd kan hou.