As jy daarvan droom om jou produkte of dienste uit te voer na die uithoeke van die wêreld, kan die Departement van Handel en Nywerheid jou beste vriend wees. Helen Ueckermann praat met Corne du Plessis, die departement se adjunkdirekteur: handelsdelegasies, oor hoe die uitvoerbemarking- en beleggingshulpskema vir jou as uitvoerder, of voornemende uitvoerder, tot voordeel kan strek. Drie uitvoerders vertel ook hoe die skema hulle ondernemings help.