Vrouemolestering is veral met Vrouemaand weer in die kollig. Met die onlangse "Remember Kwezi" stille protesoptrede tydens president Jacob Zuma se verkiesingsuitslae-toespraak het die fokus weer ook skerp hierop geval. Daarom is dit volgens aktiviste belangrik om hieroor te praat. Een so 'n slagoffer, Alison Botha, is in 1994 deur twee mans ontvoer, verkrag en 32 keer in haar maag met 'n mes gesteek voordat hulle haar keel afgesny het. Sy het wonderbaarlik oorleef. Haar ervaring is pas in 'n dokumentêre rolprent oor haar lewe by fliekteaters vrygestel. Botha het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat sy nie vir haar aanvallers die satisfaksie wou gee om haar lewe te vernietig nie.