In 'n aangrypende toespraak voor die VN-Jeugvergadering in New York het die 16-jarige Malala Yousufzai gesê sy wil die nalatenskap van onder meer Nelson Mandela versterk. Sy is verlede deur die Taliban in die kop geskiet toe sy aangedring het op skoolonderrig vir meisies.