Volgens 'n kenner in die wynbedryf kan wyntoerisme in Suid-Afrika teen 2025 verdubbel, onder meer danksy die swak rand. Suzaan Steyn se gaste kyk na die groeiende aantal entrepeneuriese geleenthede wat die bedryf deesdae bied. 'n Regskenner gee ook vier belangrike regswenke vir diegene wat 'n eie onderneming wil begin en 'n arbeidspesialis bespreek alles wat jy moet weet oor eise vir beserings aan diens.