Die SABC ondersteun tans die Men in the making-veldtog wat poog om rolmodelle en mentors vir jong seuns daar te stel. Aan die hand hiervan praat Este Gross met sielkundige dr. Fanie Kriel oor hoe om seuns groot te maak. Is dit soveel anders as meisies? Wat soek seuns in rolmodelle?