Dit verg nogal geduld om die maan met jou selfoon deur 'n teleskoop af te neem, maar as jy dit regkry, is die resultate dikwels verstommend. Die span gesels oor die huidige naghemel,en veral die maan. Daar is ook inligting oor 'n besondere radioteleskoop in Indië, die Reuse Metergolf Radioteleskoop. Suid-Afrikaanse sterrekundiges het 'n belangrike bevinding oor die belyning van gravitasiekolke gemaak deur die teleskoop te gebruik.