Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterrre en planete: Ruimteweerraaisel opgeklaar; Nobelprys vir Fisika
    11 Oktober 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer en verduidelik hoe wetenskaplikes onlangs ’n 1840’s ruimteweerraaisel opgeklaar het. Hy verklaar ook ’n skielike afname van 30% in atmosferiese straling wat studente in 2024 met instrumente op ballonne gemeet het. Prof. Matie Hoffman verduidelik die belangrikheid van die 2026 Nobelprys vir Fisika, hoe spookpartikels opgespoor kon word met die IceCube-detektor deur ’n een kubieke kilometer deursigtige ysblok in Antartika.
    27 min
  • Sterre en planete: “Cubesats”; Lagrange-wentelbaan
    4 Oktober 2026: Ons praat oor sogenaamde “cubesats” - een wat sowaar van hout gemaak is! Ons praat ook oor hoekom die materiale waarvan ruimtetuie gebou word, baie versigtig gekies moet word. Die span verduidelik die spesiale Lagrange-wentelbaan waarin die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop geplaas word, asook hoe dit eksoplanete en donker materie sal bestudeer.
    26 min
  • Sterre en planete: Starlink-flitse is VVV’s?
    27 September 2026: Ons hoor by Johan le Roux watter interessantehede voorlê in Oktober se nagte, asook die interessanthede wat in die geskiedenis in Oktober gebeur het. Hoekom rapporteer mense dikwels sogenaamde Starlink-flitse as VVV’s? Ons kon toe sowaar die skip wat SpaceX se Starship terugneem na Amerika, by Agulhas sien verbyvaar - dit het selfs ’n klompie luisteraars gelok om hierdie geskiedkundige gebeurtenis saam te kon beleef.
    27 min
  • Sterre en planete: Sterrekunde in Namibië
    20 September 2026: Ons kuier in Namibië en hoor van die Africa Millimeter Projek, en hoe baie sterrekundige aktiwiteite daar in dié land is. Ons gaste, Zandré en Ndu, vertel van hulle betrokkenheid by sterrekundeuitreike en onderwys. Ons hoor ook van Namibië se deelname aan die NASA Dragonfly-projek en dat ’n Duitse ruimtevaarder hulle binnekort kom besoek.
    27 min
  • Sterre en planete: Ontdekking wat bestaan van donker materie moontlik kan bevestig
    13 September 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en beantwoord ’n luiteraarsvraag oor die invloed van sonweer op langafstand-radiokommunikasie. Die Parker Solar Probe het weer ’n rekord nabyverbyvlug van die son gedoen, binne 6,2 miljoen kilometer van die sonoppervlak, en teen 700 000 km/h. Ons hoor hoe Eugene Parker se oorspronklike idee van ’n sonwind, aanvanklik as “utter nonsense” afgemaak is! ’n Onlangse eksperiment, 1,6 km onder die grond, het ’n buitengewone waarneming gemaak, wat die moontlike bestaan van donker materie kan bevestig.
    27 min
  • Sterre en planete: Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop
    6 September 2026: Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop, en hoe dit vergelyk met Hubble en James Webb. Kan Hubble se lewe verleng word deur sy wentelbaan te verhoog? Daar is dalk ’n kans dat ons die herwinde Starship om die Kaap kan sien verbyvaar.
    27 min
  • Sterre en planete: Komete wat die geskiedenis herskryf het
    30 Augustus 2026: Komete het dikwels die geskiedenis herskryf. Kort ná Julius Caesar se dood het daar ’n komeet verskyn wat so helder was, dat dit in die dag sigbaar was. Dit het die mense oortuig dat dit sy siel is, wat op pad na die hemel is. Nóg ’n dagkomeet het die fotografiese era in sterrekunde tot gevolg gehad, en dit in Suid-Afrika! En, Napoleon se inval van Rusland is deur ’n swaardvormige komeet “voorspel”. Het jy geweet dit is bykans net Suid-Afrika wat Lentedag op 1 September vier?
    27 min
  • Sterre en planete: Africa2Moon-projek
    23 Augustus 2026: Suid-Afrikaanse ingenieurs en wetenskaplikes is tans besig met ’n interessante projek wat ’n eerste in die wêreld sal wees. Die Africa2Moon-projek is 'n lae-frekwensie radioteleskoop in die vorm van balle, wat in 2029 op die maanoppervlak ontplooi sal word om nuwe tegnologie te demonstreer en baanbrekerwetenskap te doen.
    27 min
  • Sterre en planete: Besonderse sonuitbarsting; SpaceX-botsing met maan
    9 Augustus 2026: Dr. Stefan Lotz vertel van ‘n besonderse sonuitbarsting aan die begin van Augustus. Prof. Matie Hoffman vertel die storie van die SpaceX-vuurpylstadium wat met die maan gebots het. Botsings het nogal ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die heelal, asook die ontstaan van ons sonnestelsel. Wat is die oorsprong van gas soos metaan en koolstof in die gasplanete?
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.