Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 4 Januarie 2026
    Jim Adams skop 2026 af met sy lys van hoogtepunte van die afgelope jaar. Daarna kyk ons na interessante ruimtesendings waarna ons kan uitsien in 2026, wat Amerikaanse, Chinese, Europese, Japanese en Indiese sendings insluit.
    28 min
  • Sterre en planete 28 Desember 2025
    In die laaste program van 2025, kyk ons terug op die hoogtepunte van die jaar in die naghemel, en gee ’n opsomming van die afgelope jaar se programme. Ons kyk ook vooruit na 2026, en die interessanthede wat ons te wagte kan wees. So tussendeur kyk ons na die betekenis van die termologie wat ons dikwels in die program hoor, voor ons afsluit met die hoogtepunte van Januarie 2026 se naghemel.
    28 min
  • Sterre en planete 21 Desember 2025
    As Sterre en Planete se bydrae tot die Afrikaans-100-viering, huldig ons iemand wat aan sowel die eerste as tweede taalbeweging deelgeneem het, en meer as ’n eeu gelede ’n wonderlike skat van inheemse Afrikaanse sterstories vir ons opgeskryf het.
    28 min
  • Sterre en planete 7 Desember 2025
    Dr. Stefan Lotz praat oor die ruimteweer, met ‘n fokus op ’n reuse-sonvlekgroep, wat vergelykbaar is in grootte aan die berugte Carrington-gebeurtenis van 1859, wat tans oor die son beweeg. Professor Matie Hoffman en twee van sy kollegas vertel van die SAASTEC-konferensie wat vanjaar die eerste keer in Bloemfontein gehou is, waar verteenwoordigers van meer as 40 wetenskapsentra vergader het.
    28 min
  • Sterre en planete 30 November 2025
    Lafras Smit vertel watter interessanthede ons in Desember se naghemel kan sien. Prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae oor die Meerkat- en SKA-projekte, en die geweldige snelhede waarteen die aarde om sy as draai, terwyl dit terselfdertyd om die son wentel, sowel as rondom die Melkweg teen sowat 1 miljoen km/h. Ons hoor ook van ’n onlangse ontdekking van organiese molekules in yskristalle op Saturnus se maan, Enceladus.
    28 min
  • Sterre en planete 23 November 2025
    As jy na samesweringsteorieë luister oor Komeet 3i/ATLAS, nou dat dit weer agter die son herverskyn het, hoor jy stellings dat dit nou “getransformeer” het en nie meer die tipiese profiel van ’n komeet het nie. Dat dit nou vier keer helderder is en die helderheid skielik begin varieer het, dat dit nou radiogolwe en ultravioletlig uitsaai, ensovoorts. Hiervan word selfs deur ’n Harvard-professor wat pseudowetenskaplike gedraai het, verkondig! Om agter die kap van die byl te kom, het ons gaan kers opsteek het by ’n kenner, dr. Nic Erasmus, wat deel is van die ATLAS-projek, om te hoor wat is waarheid en wat is fiksie.
    28 min
  • Sterre en planete 16 November 2025
    Dit is SALT se 20ste verjaarsdag. Sterre en Planete het by die destydse projekbestuurder, Kobus Meiring, gaan kuier, om meer van hierdie reuse ingenieursprestasie te gaan uitvind. Ons hoor hoe die ingenieurspan gekies is, hoe hulle die ontwerp aangepas het vir Suid-Afrikaanse omstandighede om binne die begroting te bly, en hoe ons die Amerikaners kon leer van gemak! Hoekom is SALT se koepel ’n halfrond, teenoor sy Amerikaanse tweeling met sy vyf-agste-vorm?
    28 min
  • Sterre en planete 9 November 2025
    Die son is tans taamlik aktief. Dr. Stefan Lotz van SANSA vertel wat alles daar gebeur. Studies met die wêreld se grootste sonteleskoop het pas ’n dekadesoue vraag opgelos oor hoekom die son se atmosfeer tot miljoene grade Celcius verwarm, terwyl sy oppervlak skaars 6000° C is. Prof. Matie Hoffman verduidelik die verskil tussen die twee teorieë van lig, naamlik die golfteorie en die deeltjieteorie n.a.v. ’n luisteraarsvraag oor hoe Einstein se verwringing van ruimtetyd lig kan laat buig.
    28 min
  • Sterre en planete 2 November 2025
    Jim Adams en prof. Matie Hoffman bespreek die moontlikheid dat twee ruimtesendings dalk deur die stert van die veelbesproke komeet 3i/ATLAS sal kan vlieg, om baie waardevolle inligting oor hierdie interessante buiteruimtelike besoeker te bekom. Die span beantwoord ook ’n luisteraarsvraag oor cubesats, en Jim deel ’n staaltjie hoe hy destyds vinnig sy aanvanklike siening, dat cubesats ruimterommel is, moes verander tydens ’n werksonderhoud by NASA. Ons kyk ook na Suid-Afrika se eerste cubesats, en ons rol in die voorsiening van stelsels daarvoor.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.