Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 26 Oktober 2025
    Lafras Smit vertel wat November se naghemel vir ons inhou. Prof. Matie Hoffman praat oor die veelbesproke komeet, 3i/ATLAS, wat tans besig is om teen ’n geweldige snelheid deur ons sonnestelsel te blits. Iets wat soos wetenskapfiksie klink, is die ontdekking van ’n heel nuwe verskynsel van ’n ster wat ontplof het nadat dit deur ’n swartgat binnegedring is.
    28 min
  • Sterre en planete 19 Oktober 2025
    Ons praat met iemand wat vir 45 jaar ’n teleskoopoperateur was. Wat dit merkwaardig maak, is die verskeidenheid van teleskope, wat strek van ’n halfmeter tot 11 meter in spieëldeursnee. Fred Marang vertel van die beginjare van die Sutherland Sterrewag, hoe mense poetse op mekaar gebak het, en hoe sterrekundige ontdekkings gemaak word.
    28 min
  • Sterre en planete 12 Oktober 2025
    Dr. Stefan Lotz van SANSA bring ons op hoogte van die ruimteweer. Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein praat oor gravitasie-lense, wat Einstein meer as 100 jaar gelede voorspel het en onlangs weer met die James Webb-teleskoop agtvoudig bevestig is ná die ontdekking van meer as 400 kandidate. Dit is vandeesmaand presies 30 jaar sedert die ontdekking van die eerste eksoplaneet. Intussen is daar is meer as 6 000 ontdek, met nog ’n paar duisend wat wag op bevestiging.
    28 min
  • Sterre en planete 5 Oktober 2025
    Jim Adams praat al die pad uit Amerika oor die Artemis-sendings, wat vir die eerste keer na byna 60 jaar weer mense op die maan sal laat loop. Hy verduidelik hoe verskillende vuurpyle en selfs ’n mini-ruimtestasie mense na en van die aarde in ’n wentelbaan om die maan en uiteindelik af na die maanoppervlak en terug sal neem, en later selfs na Mars. NASA het pas tien kandidaat-ruimtevaarders uit 8 000 aansoekers gekies, waarvan die meerderheid vroue is.
    28 min
  • Sterre en planete 28 September 2025
    Wêreldwyd is daar sewe komete sigbaar in Oktober! Daar word geskat dat so iets slegs elke 30 000 tot 100 000 jaar herhaal. Ons praat ook oor mini-mane, wat ’n gulde geleentheid skep om skaars aardmetale en selfs goud te kan myn. Die Curiosity Marskarretjie het iets ontdek, wat weer bevestig dat daar voorheen water op Mars was.
    28 min
  • Sterre en planete 21 September 2025
    Dit is ongelooflik hoeveel sterrekunde in Hermanus gepleeg word. Ons verrassingsgas is een van die stigterslede van die Hermanus-sterrekundeklub. Ons hoor van hulle uitreikaksies en hoe hulle skole en die publiek by sterrekunde betrek, asook verskeie uitstallings by die gewilde walvisuitkykpunt en die staproete langs die see.
    28 min
  • Sterre en planete 14 September 2025
    Verlede week se skouspelagtige totale maansverduistering het omtrent die land aan die gons gehad. Ons het uiteenlopende boodskappe ontvang van die Kaap tot Berlyn en van die strand tot uit die lug. En, dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die jongste ruimteweer.
    28 min
  • Sterre en planete 7 September 2025
    Wanneer ons die program opneem, raak my gaste dikwels so lekker aan die gesels, dat ons baie keer ver oor die tyd gaan. Ons bewaar hierdie juweeltjies vir latere gebruik, soos in hierdie episode. Ons gesels onder andere oor ’n klompie interessante ruimtesendings wat strek van Sputnik, tot die Grace-sending en die Euclid-ruimteteleskoop wat sogenaamde Einstein-ringe bestudeer. Ons hoor ook dat oor 66 duisend jaar sal die helder ster, Sirius, ons poolster in die Suidelike Halfrond wees!
    28 min
  • Sterre en planete 31 Augustus 2025
    Lafras Smit praat oor September se ruimtehoogtepunte, soos die totale maansverduistering. Osn bespreek ’n luisteraarsnavraag oor gravitasiekolke, die uitdying van die heelal, en hoe afstande bepaal word. ’n Luisteraar het ’n kinder-gediggie gestuur, wat amper 40 jaar gelede deur ’n elfjarige meisie geskryf is tydens die verbyvlug van Halley se Komeet. Vir die pret het ons vir KI gevra om vir ons ’n liedjie hieroor te skryf.
    28 min
  • Sterre en planete 24 Augustus 2025
    Angus Burns is nie net ’n bekroonde fotograaf en astrofotograaf nie, hy is ook ’n karate-instrukteur en musikant. Ons gesels land en sand oor die beste manier hoe om te werk te gaan as iemand in sterrekunde belangstel. Die Newcastle-sterrepartytjie het geweldig gegroei die afgelope paar jaar, met 2 000 mense wat dit in 2024 bygewoon het. Dit vind weer op Vrydag 5 September plaas, en groot pryse is op die spel.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.