Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 17 Augustus 2025
    Wille Koorts bring hulde aan ‘n ikoon in ruimtevaart, Jim Lovell, wat onlangs oorlede is. Prof. Matie Hoffman beantwoord ’n luisteraar se vrae oor die bewegings van die aarde se magneetpole.
    28 min
  • Sterre en planete 10 Augustus 2025
    Dr. Stefan vertel van ‘n sonvlek in die middel van die son, met ‘n interessante klassifikasie van Beta-Gamma-Delta. Prof. Matie Hoffman praat oor die baie helder vuurbal, wat hele landskappe verlig het, wat vroegoggend verlede Sondag oor groot dele van Suid-Afrika deur sekuriteitskameras vasgevang is. Ons sluit af met NASA se onlangs gelanseerde tweeling TRACERS-satelliete, wat binnekort tergende vraagstukke in ruimteweer sal bestudeer.
    28 min
  • Sterre en planete 3 Augustus 2025
    Jim Adams en prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae weerlig op die Aarde en ander planete in ons sonnestelsel. Hulle bespreek oom die slingervel-effek wat gebruik word om ruimtetuie in die diep ruimte in te versnel. Die verduideliking neem ons op lang draaie, wat strek van partikelversnellers tot die Voyagers se grand tour van die planete in die 1970’s.
    28 min
  • Sterre en planete 27 Julie 2025
    Lafras Smit vertel van die hoogtepunte wat Augustus se naghemel sal bied, veral die seldsame konjunksie van die twee helderste planete, Venus en Jupiter, waar altwee binne ’n teleskoopveld sal kan inpas. Sterre en Planete was weer vanjaar by die Vrystaat Kunstefees, en ons luister na opnames wat daar gemaak is, soos die verhaal van die program self, asook dié van Willie en Matie. Ons sluit af met ’n baie interessante aanbieding oor die lewe en loopbaan van die vrouesterrekundige, Vera Rubin.
    28 min
  • Sterre en planete 20 Julie 2025
    Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en hoe dit gebeur het dat Amerikaanse boere $500-miljoen skade gely het omdat hul GPS-geleide stropers die pad byster geraak het. Asteroïde-kenner dr. Nic Erasmus, praat oor hoe Vera C. Rubin die ontdekkings deur die ATLAS-netwerk sal beïnvloed, oor ’n nuutontdekte besoeker uit die buitenste ruim, wat binnekort deur ons sonnestelsel sal blits.
    28 min
  • Sterre en planete 6 Julie 2025
    Jim Adams, die NASA se voormalige adjunktegniesedirekteur gee sy eerste indrukke van die Vera C. Ruben Sterrewag. Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor dinge waaroor mense nie gereeld praat nie, naamlik hoe ruimtevaarders toiletbehoeftes bestuur op lang ruimtereise, asook die bestuur van hulle geestesgesondheid. Ons gesels ook oor vryswenende planete, na aanleiding van onlangse ontdekkings deur die James Webb-teleskoop.
    28 min
  • Sterre en planete 29 Junie 2025
    Lafras Smit vertel wat Julie se naghemel vir ons inhou. Prof. Matie Hoffman beantwoord ’n luisteraarsvraag oor die uitdying van die heelal. Ons vertel van die pasgeopende Vera C. Rubin-sterrewag wat met sy reuseteleskoop, toegerus met die wêreld se grootste digitale kamera ooit, eersdaags die sterrekundewêreld op sy kop gaan draai.
    28 min
  • Sterre en planete 22 Junie 2025
    Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor wat sal gebeur as ’n 400 ton asteroïde die aarde sou tref, en hoor dat daar ’n moontlikheid is van ’n veel groter een wat dalk die maan kan tref in 2032. Ons gesels oor ’n antieke swaard wat van ’n ystermeteoriet gemaak is, en hoor hoe dr. Nic Erasmus en Willie Koorts onlangs vereer is deur Jim Green met baie besonderse medaljes, gemunt uit afvalstukkies van die Curiosity Marskarretjie.
    28 min
  • Sterre en planete 15 Junie 2025
    Thinus van der Merwe is al langer as ’n dekade betrokke by reëlings vir die jaarlikse Vrystaat Sterrefees wat naby Bloemfontein plaasvind. Hy vertel wat alles by die fees gebeur.
    29 min
  • Sterre en planete 8 Junie 2025
    Dr. Stefan Lotz van Hermanus en prof. Matie Hoffman van Bloemfontein praat oor verskeie aspekte van ruimteweer en sonsake, veral na aanleiding van die onlangse verhoogde sonaktiwiteit wat selfs as 'n dowwe aurora vanaf ’n paar plekke in Suid-Afrika gesien is. As jy graag meer wil weet van helioseismologie en oor twee nuwe hoëresolusie sonteleskope wat detail in die son se corona kan oplos wat lyk soos reëndruppels, skuif gerus nader.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.