Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 23 Maart 2025
    Ná die gewildheid waarmee ons eerste musiekprogram in Desember 2024 ontvang is, het ons dit goedgedink om weer ’n program bestaande uit musieksnitte met ’n sterrekundige agtergrond saam te stel.
    28 min
  • Sterre en planete 16 Maart 2025
    Ons verrassingsgas praat oor sterrekunde-uitreike - allerhande maniere en geleenthede om sterrekunde na die publiek te bring.  Van “sypaadjie sterrekunde” tot aande wat mense regoor die wêreld vir die publiek die maan deur hulle teleskope laat kyk.
    27 min
  • Sterre en planete 9 Maart 2025
    Stefan Lotz van SANSA op Hermanus bring ons op hoogte van die jongste ruimteweer. Ons beantwoord ’n luisteraarsvraag oor ’n onlangse Meerkat-ontdekking, en ’n soortgelyke merkwaardige ontdekking deur radioteleskope in Europa. Die span bespreek ‘n tegniek waar sonseil-satelliete ingespan kan word as vroeë waarskuwing wanneer gevaarlike ruimteweer die aarde mag bedreig.
    27 min
  • Sterre en planete 2 Maart 2025
    Die groot nuus, veral op sosiale media, is Asteroïede 2024 YR4, omdat dit moontlik oor sowat sewe jaar met die aarde kan bots. En, ons het ’n luisteraarsvraag ontvang oor satelliete.
    28 min
  • Sterre en planete 23 Februarie 2025
    Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel van al die aksie in Maart se naghemel. Ons verduidelik hoekom Saturnus se ringe elke 15 jaar “verdwyn”, soos nou weer, en gesels uitgebreid oor al die interessanthede van Pluto, wat vandeesmaand 95 jaar gelede ontdek is. ’n Luisteraar vra of noord, suid, oos en wes dieselfde werk op aarde, die sonnestelsel asook die Melkweg.
    28 min
  • Sterre en planete 16 Februarie 2025
    Johan Smit vertel van sterrekunde-uitreike, en hoe om te werk te gaan om sterrekunde as ’n stokperdjie te ontwikkel. Hy verduidelik ook stap-vir stap hoe om jou eie teleskoopspieël te slyp, en ’n teleskoop daarmee te bou.
    28 min
  • Sterre en planete 2 Februarie 2025
    Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor twee onlangse toetslanserings van Blue Origin se massiewe New Glenn-vuurpyl, en SpaceX se 7de Starship, wat albei gemengde sukses gehad het. Ons bespreek ook Launch Abort Systems vir beide bemande en onbemande sendings. Jim vertel hoe ’n vissersboot amper ’n multimiljoen dollar ruimtesending in die wiele gery het.
    28 min
  • Sterre en planete 26 Januarie 2025
    Ons hoor by Lafras Smit wat ons in Februarie se naghemel kan sien. Met al die opwinding oor die sogenaamde oplyning van die planete, sowel as ‘n lekker helder blote-oog komeet, kan ons nie anders as om breedvoerig hieroor te gesels nie. Ons kyk ook na die GAIA-satellite se sending wat verlede week tot ‘n einde gekom het. In Ruimteraai vra ons:  Lyk die maan anders soos gesien uit Suid-Afrika teenoor vanuit Frankryk?
    29 min
  • Sterre en planete 19 Januarie 2025
    Ons verrassingsgas, Edward Foster, is ’n afgetrede lektor in biochemie, ’n kranige amateursterrekundige en is baie betrokke by sterrekundeuitreike na byna enige denkbare sfeer van die samelewing, selfs siggestremde persone. En dan is daar Snorre, die kat, wat oral saamry na SALT, die SKA, en op die tafel sit terwyl sy baas aanbiedings doen vir skoolgroepe! Ons hoor ook van die oorsprong van pragtige name vir volmane, wat perfek van toepassing is op ons in Suid-Afrika, om die niksseggende Amerikaanse name te vervang waarmee sosiale media ons voortdurend bombardeer.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.