Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 3 November 2024
    Jim Adams en Matie Hoffman bespreek van die vele opwindende ruimtesendings die afgelope tyd. Ons praats uitgebreid oor die Europa Clipper-lansering, SpaceX se ongelooflike toetsvlug van Starship- waar ‘n vuurpyl vir die eerste keer uit die lug gevang is. Ons praat ook oor die geweldige tempo waarmee SpaceX-lanserings doen, en die verskillende maniere hoe terugkerende bemande kapsules op die aarde land.
    28 min
  • Sterre en planete 27 Oktober 2024
    Lafras Smit vertel het van al die opwinding in die naghemel die afgelope tyd, en wat ons in November kan verwag. Professor Matie Hoffman en Willie Koorts beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die lewe in die Internasionale Ruimtestasie. Ons hoor ook van ’n satelliet wat moontlik ontplof het, en die bedreiging wat dit vir ander satelliete kan inhou.
    29 min
  • Sterre en planete 20 Oktober 2024
    Ons verrassingsgaste is Charles Allen, Dalena Enslin en advokaat Gerrie Nel. Hulle het uiteenlopende belangstellings, en elkeen bring dus iets anders na die spreekwoordelike tafel. Ons luister ook na die oorkondetoekenning van die Stellenbosch Universiteit se konvokasie, wat postuum aan dr. Japie van Zyl toehgeken is.
    28 min
  • Sterre en planete 13 Oktober 2024
    Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein, en dr. Stefan Lotz van SANSA op Hermanus gesels weer sonsake, veral ná die onlangse aurora, veroorsaak deur intense sonaktiwiteit. ‘n Luisteraar wil weet hoe die temperatuur van die son bepaal word. In ruimteraai vra ons hoekom sonvlekke swart vertoom op foto’s. Lafras Smit praat oor die komeet wat saans gaan herverskyn.
    28 min
  • Sterre en planete 6 Oktober 2024
    Jim Adams deel opwindende nuus oor twee vuurpyllanserings  wat hy binnekort gaan bywoon. Ons praat oor die baie verkeer na en van die Internasionale Ruimtestasie, die onlangse Polaris Dawn-sending, en die gevare wat suiwer suurstof en die hoë vakuum in die ruimte vir sowel mens as tegnologie inhou.
    28 min
  • Sterre en planete 29 September 2024
    Lafras Smit praat oo die hoogtepunte van Oktober se hemelruim. Ons luister na ’n paneelbespreking wat vroeër vanjaar by die Vrystaat Kunstefees opgeneem is, waar ons gesels het oor robotiese teleskope en gamma-knalle.  In Ruimteraai verduidelik Lafras wat newels is.
    29 min
  • Sterre en planete 22 September 2024
    Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein en dr. Nic Erasmus van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium in Kaapstad vertel van die Aarde se nuwe mini-maan wat in Sutherland ontdek is. Ons beantwoord luisteraarsvrae oor die ratwerk van die sonnestelsel en hoe sterrekundiges teleskoopfoto’s verwerk. In Ruimteraai vra ons hoekom party komete dubbeldoorname het en ander nie?
    28 min
  • Sterre en planete 15 September 2024
    Auke Slotegraaf dra soveel hoede, ons kon nie eens by alles uitkom nie. Nie net is hy ’n gesoute amateursterrekundige nie, maar ook ’n rekenaarwetenskaplike, historikus, argivaris en redakteur. Hy het selfs kliniese sielkunde en psigometrika studeer!
    29 min
  • Sterre en planete 8 September 2024
    Ons bespreek die jongste bevindings van die onlangse daglig-meteoor wat oor die Oos-Kaap geval het. Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en hy en prof. Matie Hoffman beantwoord twee interessante luisteraarsvrae oor planeetbane en die gedrag van verskillende kleure lig. In Ruimteraai vra ons of sterre ook GPS-koördinate het.
    28 min
  • Sterre en planete 1 September 2024
    Jim Adams en Prof. Matie Hoffman praat oor die groot gebeurtenis toe ’n dagligmeteoor die Oos-Kaap geskud het.  Daar is uiteindelik ’n besluit geneem oor die twee gestrande ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie, en ons kyk met groot afwagting na die Polaris Dawn-sending se rits eerstes vir private ruimtevaart.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.