Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 12 Januarie 2025
    Hoe werk lig? Skyn ldit in alle rigtings? Is ligspoed konstant, ongeag hoe helder die lig is? Hoe ver trek ’n ligstraal? En dan ’n hoërgraad vraag oor Bell se tweeling-partikels: Hoe gebeur dit dat, wat met die een partikel  gebeur, gebeur op dieselfde oomblik met die ander tweeling, al sou hulle op verskillende plekke in die heelal voorkom?
    29 min
  • Sterre en planete 5 Januarie 2025
    Jim Adams en prof. Matie Hoffman bespreek van die opwindende ruimtesendings wat voorlê in 2025. Ons kyk ook na die belangrike rol wat Suid-Afrika in die verlede gespeel het met lanserings en die Apollosendings.
    27 min
  • Sterre en planete 29 Desember 2024
    Ons neem die hoogtepunte van die afgelope jaar in oënskou. Daar was ook heelparty laagtepunte en selfs mislukkings, veral met ruimtesendings, wat ons ook sal herroep.  Maar 2025 se naghemel hou ook ’n klompie interessanthede vir ons in waarna ons kan uitsien.
    28 min
  • Sterre en planete 15 Desember 2024
    Ons verrassingsgas, Wim Filmalter,  dra baie hoede, onder andere dié van astrofotograaf, amateurteleskoopmaker, teleskooprestoureerder, en ’n Dark Sky Advocate - iemand wat bewusmaking doen vir ’n donker naghemel.
    28 min
  • Sterre en planete 1 Desember 2024
    Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur by NASA se hoofkantoor, praat oor nuwe inligting wat daarop dui dat die Aarde baie meer uniek is as wat oorspronklik gedink is. In Ruimteraai vra ons hoe ruimtevaarders hulleself weeg in die ruimte.
    28 min
  • Sterre en planete 24 November 2024
    Professor Matie Hoffman praat oor ’n vals video wat weer die rondte doen. Daar is luisteraarsvrae oor die kolonialisering van Mars, en hoe ’n windpomp op daardie planeet sal werk.  In Ruimteraai vra ons wat 'n skrikkelsekonde is. En Lafras Smit vertel waarna ons kan uitsien in Desember se naghemel.
    28 min
  • Sterre en planete 17 November 2024
    Ons verrassingsgas, Carol Botha, praat oor Sputnik, ligbesoedeling, dorpe sonder straatligte, sterrepartytjies, en 'n ou tannie uit Suid-Afrika, die wêreld uitgestof het met die gebruik van aanlynteleskope.
    28 min
  • Sterre en planete 10 November 2024
    Dr. Stefan Lotz van SANSA en prof. Matie Hoffman beantwoord uiteenlopende luisteraarsvrae, wat strek van hoe wetenskaplikes die waarheid ontdek, tot aardverwarming, en of sonuitbarstings ons weerpatrone veroorsaak.  ’n Filmmaker beweer hy het nuwe inligting oor ’n radiosein wat vyf jaar gelede ontvang is, afkomstig van moontlike buiteruimtelike lewe.
    27 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.