Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 1 Junie 2025
    Ons neem jou op ’n virtuele toer van die Sutherland Sterrewag. Dis opgeneem tydens Jim Adams en Jim Green se onlangse Space Tour South Africa. Ons reis strek van 1973, toe Margaret Thatcher die amptelike opening bygewoon het, verby die grasieuse ou dame, die reuse Radcliffe-teleskoop, wat vanjaar reeds 87 jaar oud is, tot die moderne LESEDI- en ATLAS-teleskope.
    27 min
  • Sterre en planete 25 Mei 2025
    Lafras Smit vertel wat  Junie se naghemel inhou. Ons bespreek die Large Hadron Collider, die wêreld se kragtigste en grootste deeltjieversneller, wat protone versnel tot baie na aan die spoed van lig, en hulle dan laat bots. Dit stel wetenskaplikes in staat om die fundamentele boustene van materie en die wette wat die heelal beheer, te bestudeer.
    28 min
  • Sterre en planete 18 Mei 2025
    Ons verrassingsgas vertel van sterrekunde met die Voortrekkers, die oudste planetarium in die land, hoe om regstreeks satellietfoto’s af te laai, en laat ons luister hoe "klink" ’n satelliet. Ons leer ook die belangrike stappe hoe om astrofoto’s met jou selfoon en kamera te neem.
    28 min
  • Sterre en planete 11 Mei 2025
    Lafras Smit het die onlangse Groot Vegkop-sterrepartytjie bygewoon, en vertel wat alles daar gebeur het. Die internasionale Planetary Defence-konferensie is die afgelope week op Stellenbosch gehou. Willie Koorts het daar gepraat met twee van die groot geeste van die ATLAS-projek, wat asteroïedes ontdek wat moontlik die aarde kan tref.
    28 min
  • Sterre en planete 4 Mei 2025
    Ons praat met die skeppers van ’n grensverskuiwende produksie wat boeiende storievertelling oor die ruimte kombineer met meesleurende musiek en visuele elemente. Dan beantwoord Jim Adams en prof. Matie Hoffman ‘n luisteraarsvraag oor die temperatuurbeheer van elektronika in satelliete, sodat dit nie oorverhit of te veel afkoel nie. Ons kyk ook na ‘n spesiale mylpaal wat die Dragonfly-sending na Saturnus se maan, Titan, bereik het.
    28 min
  • Sterre en Planete 27 April 2025

    Het jy geweet daar is spanning in kosmologie, omdat twee verskillende metodes ’n effens verskillende ouderdom en grootte vir die heelal gee? Nadat Lafras Smit ons ingelig het oor die hoogtepunte van die Mei naghemel, beantwoord prof. Matie Hoffman twee luisteraarsvrae oor die oerknal.

    28 min
  • Sterre en Planete 20 April 2025

    Dr. Yolandi Schoeman is die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger vir die Spaceward Bound India 2025-ekspedisie wat eersdaags vertrek na die hoogste bewoonde plek op aarde, waar hulle navorsing gaan doen oor hoe mense moontlik op Mars sal kan oorleef. Daarna sal hulle terugkeer na Suid-Afrika om hier Mars-analoog terreine te identifiseer en te bestudeer.

    28 min
  • Sterre en planete 13 April 2025
    Dr. Stefan Lotz het die ruimteweervoorspelling. Hoekom kan ’n gravitasiekolk lig, wat nie massa het nie, beïnvloed? Ons gee ’n veilige manier om sonvlekke te kan sien, wat jy vir jouself kan maak. Ons hoor meer van ’n onlangse ontdekking van ’n 80 tot 100 jaar siklus van sonvlekaktiwiteit, bo en behalwe die bekende 11-jaar siklus. Ons sluit af met ’n opdatering oor die sogenaamde “gestrande” ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie.
    28 min
  • Sterre en planete 6 April 2025
    Ons gesels met die organiseerders van die Groot Vegkop Sterpartytjie wat binnekort in die Noord-Vrystaat plaasvind, waar dit amper net so donker is as in Sutherland. Jim Adams en prof. Matie Hoffman doen nabetragting van die pas afgelope Space Tour 2025.
    27 min
  • Sterre en planete 30 Maart 2025
    Nadat Lafras Smit ons vertel het van die hoogtepunte wat die April-nagte vir ons inhou, beantwoord ons ’n opvolgvraag oor wentelbane; ons kyk hoe Saturnus skielik 128 nuwe mane bygekry het; en gesels oor ’n onlangse sonsverduistering, gesien vanaf die maan, deur die Blue Ghost-maantuig.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.