Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • Sterre en planete 25 Augustus 2024
    Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel wat in September se naghemel gesien kan word. Ons praat oor die verskillende maniere waarop die datums van die bloumaan bereken word. Na aanleiding van Hydrosat se onlangse lansering van hulle VanZyl-1 satelliet, luister ons hoe dr. Japie van Zyl destyds hiervan vertel het. In Ruimteraai vra ons wat die oorsprong van Planeet-X is.
    27 min
  • Sterre en planete 18 Augustus 2024
    Ons verrassingsgas vertel breedvoerig wat die ontplooiing van radioteleskope by SKA behels. Die persoon het in Namibië grootgeword het, en ná skool Meganiese Ingenieurswese op Stellenbosch gaan studeer, en was later toetsingenieur daar. Hy/sy het aanvanklik optiese stelsels vir satelliete ontwerp, was daarna vir 14 jaar by die SALT-teleskoop werksaam, en is tans 'n domein-spesialis by SKA-internasionaal.
    26 min
  • Sterre en planete 11 Augustus 2024
    Prof. Matie Hoffman praat oor die vreemde konsep van kosmologiese tydrekking, en hoe sterrekundiges ’n slim manier ontwikkel het om dit te meet. Nog ‘n ongewone term is helioseismologie. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe sterrekundiges die binnekant van die Son met hierdie tegniek kon ontleed. Ons luister ook na vreemde klanke afkomstig van die Son.
    27 min
  • Sterre en planete 4 Augustus 2024
    Prof. Matie Hoffman en Jim Adams vertel van ’n grot wat op die maan ontdek is. Ons hoor ook van 2 000 van die wêreld se sterrekundiges wat in die Kaap bymekaarkom het, en van twee ruimtevaarders wat al vir langer as ’n maand op die Internasionale Ruimtestasie gestrand is.
    27 min
  • Sterre en planete 28 Julie 2024

    Nadat Lafras Smit vertel het wat in die Augustus nagte te sien is, herleef ons die gebeure van 30 jaar gelede toe daar ‘n regstreekse TV uitsending van Sutherland was toe 21 brokstukke van ’n komeet Jupiter getref het.  Daar word voorspel dat ’n nova binnekort kan verhelder tot blote oog helderheid.  In Ruimteraai vra ons: Word die fases op die maan veroorsaak deur die aarde se skaduwee?

    27 min
  • Sterre en planete 21 Julie 2024
    Sterre en Planete het by die Vrystaat Kunstefees gekuier, waar ons ’n program voor ’n gehoor opgeneem het, wat ons met allerhande vrae bestook het. Ons gesels onder andere oor teleskope en weerlig, en ’n krisis in kosmologie wat die James Webb ruimteteleskoop moontlik nog sal kan oplos.
    26 min
  • Sterre en planete 14 Julie 2024
    Ons praat oor ruimteweer en die son se manewales. Daar het onlangs twee asteroïedes só naby die aarde verbygekom dat radarbeelde van hulle geneem kon word. En ons verduidelik hoekom die oppervlak van die son wasig, amper harerig, lyk in hoëresolusie foto’s.
    26 min
  • Sterre en planete 7 Julie 2024
    Jim Adams en prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae oor China wat deesdae uitstyg as ’n reus in ruimteprogramme, asook ’n voorstel vir ’n innoverende meganisme wat die stof van die sonpanele van marskarretjies kan skoonvee. Hydrosat lanseer binnekort VanZyl-1, vernoem na die satellietmaatskappy se medestigter, dr. Japie van Zyl. Het jy geweet die rede hoekom die pendeltuig altyd op sy rug gerol het, kort ná lansering, dateer uit die Apollo-era?
    27 min
  • Sterre en planete 30 Junie 2024
    Lafras Smit vertel wat sigbaar is in Julie se naghemel. Dr. Cobus van Breda van die Universiteit van die Vrystaat vertel van sy plan om Sterre en Planete na die Vrystaat Kunstefees uit te nooi. Hy vertel ook van  interessante aanbiedings wat gesien en beleef kan word by Sci-Ed.
    29 min
  • Sterre en planete 23 Junie 2024
    Het jy al van swerfplanete gehoor? Die span bespreek die onlangse ontdekkings van vryswenende eksoplanete. Hulle verduidelik hoekom die fopnuus boodskap oor die sogenaamde aphelion-verskynsel in jou e-pos se snippermandjie hoort, en beantwoord ’n luisteraarsbrief oor hoekom die aarde se kern ná al die eeue nog nie gestol het nie,  en wat die gevolge is noudat die Hubble-ruimteteskoop met slegs een giroskoop sal moet werk.
    28 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.